Die Department van Arbeid het onlangs die minimum lone aangekondig welke van toepassing sal wees in die Plaaswerkersektor vir die termyn 1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018.
Die minimum lone is met sowat 8% verhoog vanaf die lone wat van toepassing was gedurende 2016 en gee ons graag hiernaas die syfers soos dit tans daar uitsien.
Uurloon : R 15.39
Dagloon : R 138.52
(van toepassing op werkers wat 9 ure per dag werk)
Weekloon : R 692.62
Maandloon/Salaris : R3,001.13
Ons vertrou dat u die nodige aanpassings in u salarisstruktuur sal maak indien u minimum lone nog nie dienooreenkomstig die afkondiging aangepas is nie. Indien u enige verdere navrae hieromtrent het, is u welkom om skrywer hiervan te skakel by 028-424 1119, en/of per e-pos u navraag te rig aan stefan@lbflaw.co.za