Op 3 September 2021 is Sjani de Villiers deur die Hoërhof te Kaapstad, toegelaat as prokureur, aktebesorger en notaris.
Sjani is sedert Mei 2019 as kandidaat prokureur by Luttig Badenhorst Fourie Prokureurs werksaam, nadat sy die grade BCom(Regte) en LLB Cum Laude aan die Universiteit van Pretoria geslaag het. Sy woon tans in Struisbaai.
Sjani sal aanbly as prokureur by LBF Prokureurs, Bredasdorp, waar sy haar op eiendomstransaksies en die opstel van Testamente sal toespits. Sy is ook een van min notarisse in die area en sal ook notariële werk, soos die opstel van notariële serwituutakte en huweliksvoorwaardekontrakte, verrig.
Hartlik geluk aan SJani de Villiers met haar toelating en beste wense vir ‘n aangename werkstermyn by LBF Prokureurs.
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).